Microsoft het aangekondig dat hulle nie meer die Windows Sewe werksisteem ondersteun nie. Die diens is gister opgeskort. Verskeie kuber sekuriteit-spesialiste het mense aangemoedig om maar eerder hulle sisteme so gou moontlik op te gradeer. Maar wat is die implikasies vir die gebruiker? Ons praat nou met Professor Basie von Solms, direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir KUBERSEKERHEID.