Die SAUK sê hy wag vir 'n volledige verslag oor 'n voorval Vrydag, waartydens 'n radio-aanbieder op SAFM, Sakina Kamwendo, halfpad deur haar uurlange Forum At Eight program van die lug verwyder is. Dit was Kamwendo se laaste program tussen ses uur en nege uur die oggend. Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die besluit deur die openbare uitsaaier om Kamwendo te verwyder, kom neer op sensuur. Jean Esterhuizen berig.