Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie toon dat onderwysers mondelings en fisies deur leerlinge geteister word. Die onderwysers voel ook uitgelewer aan leerlinge se uitdagende en geweldadige gedrag. Meer as drieduisend lede van die onderwysersunie het aan 'n meningspeiling oor dissipline by skole deelgeneem. 'n Raadgewer by die SAOU se professionele ontwikkelingsdiens, Marietjie Le Roux, sê daar is onderwysers wat bedank weens leerlinge se gedrag....