Suid-Afrika is een van die lande wêreldwyd met die strengste toepassing van internasionale patentereg wetgewing. Dit word bepaal deur die TRIPS ooreenkoms, oftewel die ooreenkoms op handelverwante aspekte van intellektuele eiendom. Die ooreenkoms behels egter voorsorgmaatreëls wat meer buigbaarheid aan die ooreenkoms verleen, en toegang tot generiese produkte glo kan verbeter. Dit kanonder meer beteken dat kriteria om patente te bekom moeiliker is, of dat maatskappye onder sekere omstandighede gedwing kan word om intellektuele eiendom te deel. Op hierdie stadium kan dit nie gedoen word nie.