Die Change the Patent Laws veldtog is reeds die afgelope sewe jaar in 'n stryd gewikkel om toegang tot lewens-noodsaaklike medikasie in Suid-Afrika 'n realiteit te maak. Volgens die veldtog, veroorsaak huidige patentewetgewing dat farmaseutiese maatskappye 'n monopolie het oor lewensnoodsaaklike medikasie. Dit kan byvoorbeeld beteken dat pasiënte wat voorheen R4 500,00 per maand aan medikasie spandeer het, nou R75 000,00 moet opdok. Pasiënte sit met hulle hande in hulle hare, en aktiviste stry onverpoos voort, want die kwessie gaan nie verander as wetgewing nie verander nie.