Vroeër die week het ons op Monitor berig oor die soms onbekostigbare pryse van lewensnoodsaaklike medikasie. Ons het byvoorbeeld berig oor 'n vrou wat nou R75 000 vir haar kankermedikasie moet opdok. Aktiviste glo dis onmoontlik dat medikasie SO duur kan wees, en sê maatskappye maak onbehoorlike winste. Verder sê hulle die 20-jaar patentereg op medikasie moet eerder verminder word na tien jaar, sodat ander maatskappye die mark kan betree om kompetisie te bevorder. Marlinee Fouche berig egter dit neem ongeveer 12 jaar voordat 'n konsep 'n goedgekeurde produk word.