Ons het in die afgelope week breedvoerig berig oor die patentereg-wetgewing, met 'n spesifieke fokus op medikasie. Die verandering van die bestaande wetgewing is in die laaste fase van goedkeuring, maar hoewel dit toegang tot generiese produkte kan aanhelp, glo veral farmaseutiese rolspelers nie dit gaan die probleem oplos nie. Marlinee Fouche berig dat kommunikasie tussen die verskeie rolspelers te kort skiet, en dat die regering in heelwat gevalle eers op maatskappye reageer as hulle met regsaksie gedreig word.