Die NERSA-onderhandelings begin vandag in die Wes-Kaap en sal landwyd tot in Mei plaasvind wanneer die laaste verhore in Gauteng sal geskied. Die onafhanklike energie kenner, Ted Blom, sal 80-duisend Suid-Afrikaanse verbruikers tydens die gesprekke verteenwoordig. NERSA hou vol dat die sittings niks te make het met die beoogde 33 % tariefverhoging waarvoor ESKOM by NERSA aansoek gedoen het nie, maar dat dit sal fokus op maniere waarop ESKOM sy sowat 60-miljard rand tekort, kan verhaal. Blom het Monitor ingelig wat ons die komende weke te wagte kan wees...