Terwyl geskiedkundiges meen dat politici geskiedenis dikwels manipuleer en inspan om hulle eie posisie te versterk, sê argeloë die aarde vertel nie leuens nie. Marlinee Fouche berig dat die argeologie juis kan help om van die leë spasies in ons geskiedenis in te vul. Vondse uit veral die ystertydpek, toon dat hier wel mense in Suider-Afrika geleef het voor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652...