Die Afrikaanse burgerregte groep, Afriforum, het die afgelope week onder skerp kritiek deur geloop na hul terugkeer uit Amerika om die aandag te vestig op plaas moorde en grondgryoe sonder vergoeding. Die Mail and Guardian se Mashadi Kekana skryf die week: "Die vraag of Afriforum 'n fasistiese groep is, het nou 'n besprekings punt geword." Monitor het met Afriforum se hoof, Kallie Kriel en die Hoofredakteur van die Huffington Post in Suid-Afrika, met Pieter Du Toit daaroor gesels.