Die Valke het 'n nuwe hoof: Generaal Godfrey Lebeya. Hy was voorheen hoof van die speurdiens. Die misdaadverslaggewer Mandy Wiener het as deel van haar navorsing vir die boek, Ministry of Crime, 'n deurtastende onderhoud met Lebeya gevoer. Sy se^ hy het 'n goeie indruk op haar gemaak. Sy waarsku egter dat dit lank sal neem om die kultuur in die polisie te verander, wat oor die afgelope tien jaar agteruitgegaan het weens toenemende korrupsie. Metzi van der Merwe doen verslag.