Is Pluto 'n planeet of is dit 'n komeet? Navorsers het in 'n nuwe studie by die Southwest Research Institute in Amerika data geneem van die New Horisons satteliet-missie, wat verby Pluto gevaar het en dit vergelyk met data wat hulle opgeneem het vanaf komeet - 67P. Navorsers stel voor dat Pluto 'n agglomerasie van komete is. Dr Pieter Kotze van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap sê die uitslae is pas bekendgemaak.