Volgens die nuutste statistiek word 'n saak van 'n vermiste kind elke nege ure by 'n Suid-Afrikaanse polisiestasie aangemeld. Hoewel meeste van hierdie kinders weer teruggevind word, is daar baie wat die slagoffers van misdaad word. Hoewel dit kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika is, voel die inwoners van Eldorado Park in Johannesburg dat kinders se veiligheid elke dag van die jaar voorrang behoort te geniet. Skole in die buurt neem aan 'n veldtog deel om alle inligting oor kinders onder ses jaar, selfs hulle vingerafdrukke, op rekord te plaas indien hulle vermis raak. Jamaine Krige berig dat daar soortgelyke veldtogte in ander woonbuurte is.