'n Bloemfonteinse skrywer van misdaadromans glo sy nuwe boek oor die selfmoord van een van die wereld se beroemdste skilders, Vincent van Gogh, sal die kunswereld skud. Nick van der Leek, die skrywer van meer as 70 topverkopers, sê sy nuutste boek "The Murder of Vincent van Gogh" kan dalk lig werp op die vreemde omstandighede van die kunstenaar se dood in 1890. Metzi van der Merwe doen verslag.