Die Wetenskap- en Nywerheidsnavorsingsraad stel later vandag navorsing bekend oor kubermisdaad. Dit fokus op die manier hoe sosiale media en ander platforms gebruik word om verbruikers in te lig oor aanlynbedrog en -misdaad. Marlinee Fouche berig dat daar heelwat wanpersepsies oor kuberveiligheid is. Byvoorbeeld: Het jy geweet gekompliseerde wagwoorde kan blitsvinnig ontsyfer word, of dat jou vriend jou Facebook rekening kan oorneem? Verder is daar diegene wat glo niks het om weg te steek nie. So hoekom die groot gewag oor persoonlike inligting...?