Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans beplan regstappe om hoofregter Mogoeng Mogoeng se dekreet te skrap, dat die amptelike taal in die land se howe Engels moet wees. Volgens Mogoeng, sal demokrasie in die land juis versterk word deur die verengelsing van die howe. Tog berig Marlinee Fouche dat die dekreet kritiek vanuit die land se taal- en regsgeledere lok, wat die verengelsing van die land se howe verbind met kolonialisering en diskriminasie...