Die Liberty-groep se bestuur sê dit blyk nie of enige kliënte geld verloor het toe kuberkrakers sy rekenaarstelsel binnegedring en 'n afpersingsfooi geëis het nie. Liberty sê alle kliente se data, polisse en kontrakte steeds veilig is. Die finansiele dienste maatskappy sê hy is in volle beheer van sy rekenaar stelsel. Volgens die maatskappy het kubekrakers hoofsaaklik toegang tot eposse verkry. Die beskerming van kliente se inligting is geprioritiseer en owerhede is Donderdag in kennis gestel dat daar onwettige toegang verkry is tot die maatskappy se rekenaarstelsel.