Die verengelsing van die land se howe is een van die redes hoekom daar gevra word dat Suid-Afrika 'n handves van taalregte opstel. Hoewel die grondwet voorsiening maak vir die gelyke status van al 11 amptelike landstale, is 'n dekreet uitgevaardig dat die amptelike hof-taal Engels moet wees. Volgens Hoofregter Mogoeng Mogoeng, sal dit demokrasie bevorder. Marlinee Fouche berig intussen dat meer as die helfte van Suid-Afrikaners wat die staat om regshulp nader, nie Engels verstaan nie...