Die Wêreld Gesondheids Organisasie se konsep dat alle burgers van 'n land toegang tot gesondheidsorg moet hê, word universeel aanvaar. Die W.G.O se voorskrifte in die verband, is bekostigbare gesondheidsorg maar nie gratis sorg nie. In Suid-Afrika, sê burgerlike aktiviste soos Mark Heywood van Section 27 dat korrupsie in die gesondheid sektor die land jaarliks tot 30 miljard rand kos en dat die gesondheid stelsel eers reggeruk moet word, voordat enige nasionale gesondheids versekerings plan hoegenaamd kan werk. Maar wat dink medici? Anita Visser het met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se adjunk voorsitter, Professor Mark Sonderrup daaror gepraat.