'n 13-jarige meisie van George in die Suid-Kaap is gekies om Suid-Afrika by die 9de Downsindroom Wêreld Swem-kampioenskap in Kanada te verteenwoordig. Minke Janse van Rensburg is een van nege swemmers, wat deur die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuel Gestremdes gekies is, nadat sy vier goud en twee silwer medaljes, by die onlangse nasionale kampioenskappe verower het. Tanya Krause doen verslag.