Suid-Afrika is een van die lande wêreldwyd wat die grootste persentasie van die land se BBP bestee aan die mediese sektor. In Suid-Afrika is vier en tagtig persent van die land se inwoners van die staat afhanklik vir mediese hulp, terwyl slegs 16 persent van die landsburgers toegang het tot privaatsorg en mediese fondse. Tog word die BBP gelyk-op verdeel tussen die twee groepe. Dit beteken dat 84 persent van die bevolking, net toegang het tot 50 persent van die BBP.