Meer as een miljoen mense is afhanklik vir inkomste van die suiker bedryf in Suid-Afrika, wat nou by n kruispad is. So sê Suresh Naidoo, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging. Verskeie rolspelers in die bedryf het na die Department van Handel en Nywerheid se kantoor opgeruk, om 'n aansoek vir 'n tariefverhoging op invoere by die internasionale handelsadministrasie kommissie in te dien.