Gesondheids praktisyns in Noordwes sê die Nasionale Gesondheids versekering skema se loodsprojek in die provinsie het reeds misluk. Die Vereniging vir Landelike Dokters in Suid-Afrika, Rudasa, sê meeste dokters wat by het projek betrokke was, is nie betaal nie en het daarom ophou werk. Maar as die loodsprojek van die Nasionale Gesondheids Versekerings plan, al in een provinsie misluk het, watter kans staan dit om landwyd sukses te behaal. Anita Visser praat met 'n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse ginekologie vereniging, dr Johannes van Waart.