Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement gaan negentig nuwe verpleërs oplei, om die kroniese tekort aan gesondheidspersoneel in die provinsie te verminder. Die studente sal verpleegdiplomas ontvang, nà die voltooing van hulle kursus by die Henrietta Stockdale-verpleegkollege in Kimberley. Na hul kwalifisering sal hulle posisies vul wat verloskunde, gemeenskaps en psigiatriese gesondheidsverpleeg insluit. Reginald Witbooi het hierdie verslag saamgestel.