Die onwettige handel in sigarette loop hand aan hand met staatskaping. So glo die Tabak instituut, Tisa, na gesamentlike navorsing met Ipsos. Die instituut beskuldig drie kleiner tabak maatskappye daarvan dat hulle aksyns belasting van minstens sewe miljard rand ontduik het. Volgens Tisa, is die ongeruimthede moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Inkomste diens se doelbewuste besluit om inspeksies by tabak fabrieke te stop. Die besluit is onder leiding van die nou geskorste SAID-kommissaris Tom Moyanê gemaak. Metzi van der Merwe berigdat die 2018 Nasionale Tabak Mark Studie toon dat byna 80 % van onwettige sigarette in die informele sektor verkoop word.