Wanneer jy die naam "Koos van der Merwe" hoor, dink jy dalk aan 'n Vrystaatse boer in kakhi-klere. Maar...daar's 'n "Koos van der Merwe" in Hong Kong, met 'n winkel in die hart van Tsim Sha Tsui in Kowloon. Sy regte naam is PC Cheng. Hoewel hy 'n gebore Chinees is, is hy in sy hart 'n Suid-Afrikaner, en het hy oor die 40 jaar van sy winkel se bestaan deel geword van die uitgebreide Suid-Afrikaanse Lugdiens-familie. Sy bynaam "Koos van der Merwe" het hy jare gelede by 'n Suid-Afrikaanse vrou gekry, wat glo sy meisie was. Liela Magnus het by hom in sy winkel gaan kuier....