Die Raad van Onderwysministers - dit is nou provinsiale onderwysministers plus die minister van Basiese Onderwys - het die departement van Basiese Onderwys se beleid oor tuisonderrig goedgekeur. Daar word verwag dat die minister, Angie Motshekga, dit binnekort sal bekragtig. Dit volg na byna vier jaar van raadpleging met verskeie belanghebbendes. Anita Visser het met die departement sowel as een van die belangehebbende instansies, die Pestalozzi Trust, gepraat.