'n Grondberaad met 'n verskil. So beloof een van die sameroepers van 'n byeenkoms wat volgende woensdag in die kasteel in Kaapstad gehou word. Die beraad sal verskeie verteenwoordigende groepe van die sogenaamde Eerste Nasie onder een dak byeen bring. Hoofregter Mogoeng Mogoeng sal ook saam met kerk- en politieke leiers en die boeregemeenskap insette lewer oor hoe die grond- en identiteits kwessie aangepak moet word. Anita Visser lei die gesprek.