Internasionale borsvoedingsweek begin vandag, met die tema "Borsvoeding as Fondament van Lewe". Verskeie organisasies, insluitend die Wêreld Gesondheidsorganisasie en UNICEF, is deel van die veldtog. Die doel van die week is om bewusmaking te skep dat borsvoeding 'n groot rol speel in voeding, voedselsekerheid en die verligting van armoede. Marlinee Fouche berig dat baie Suid-Afrikaanse vroue toenemend hierdie metode verkies. Hoewel dit heelwat gesondheidsvoordele vir beide ma en kind inhou, is dit egter iets wat nog nie geredelik in die samelewing aanvaar word nie.