President Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimilusplan se koste vir Suid-Afrika word bereken op sowat 43-miljard rand. Die Nasionale Studente Finansieringsplan oftewel NSFAS, gaan die regering uiteindelik tot 60 miljard rand kos. Die DA se Alf Lees waarsku dat die regering se finansiële waarborg van 59-miljard rand aan staatsbeheerde instellings die staat se skuldlas gaan verhoog tot 60 persent van die Bruto Binnelandse Produk. Intussen is die staatsinkomste onder groot druk en die ekonomie groei stadig. Dit alles beloop nagenoeg 162-miljard rand wat Suid-Afrika se belastingbetalers sal moet opdok. Anita Visser praat met Professor Jannie Rossouw, Hoof van die Skool vir Ekonomiese en Sake Wetenskappe by WITS en die hoof-ekonoom by die Efficient groep, Dawie Roodt....