Eskom gaan weer eens aansoek doen om vrygestel te word van minimum emissiestandaarde by baie van sy kragsentrales. Dit beteken besoedelingsbeheermaatreels soos deur die departement van Omgewingsake voorgeskryf sal - soos in 2013 - weer uitgestel word. Eskom sê hy sukkel om die standaarde toe te pas, en sal as deel van sy aansoek ook 'n openbare deelnameproses loods. Die Sentrum vir Omgewingsregte moedig mense aan om die openbare vergaderings by te woon en beswaar teen Eskom se aansoek aan te teken. Anita Visser praat met die hoof van die sentrum se besoedelings- en klimaatveranderingsprogram, Robyn Hugo.