Met die viering van Nasionale Vrouemaand is dit ook die tyd om vroue te gedenk wat agter die skerms 'n groot rol in die geskiedenis gespeel het. Dit is die woorde van Antoinette Louw, wat die rol van "Susanna Johanna" oftewel Molly Fischer in die rolprent "An Act of Defiance" uitbeeld. Die rolprent, wat veral op die lewens van Bram en Molly Fischer fokus, het binnekort sy rooitapyt-premiere by die Silwerskermfees. Louw het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat sy dit veral geniet het om die rol van 'n Afrikaanse vrou te vertolk wat betrokke was in die vryheidstryd.....