'n Gesin van sewe sal in Augustus gemiddeld meer as drie duisend rand per maand aan voedsel bestee. Dis volgens die jongste Huishoudelike Voedselmandje van die Pietermaritzburgse organisasie, die Economic Justice & Dignity Group. Die groep sê huishoudings bestee die meeste van hulle inkomste aan kos. Jean Esterhuizen berig dat die groep wil hê 'n wye reeks kossoorte moet van BTW vrygestel word.