Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hy teleurgesteld dat hoender nie op die Woolard-paneel se lys van voorgestelde BTW-vrystellings is nie. Die paneel kon nie konsensus bereik oor watter individuele gevriesde hoenderporsies BTW vry moet wees nie. 'n Raadslid van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging en die uitvoerende hoof van Country Bird Holdings, Marthinus Stander, sê lae inkomste huishoudings sal ekonomies baat by BTW-vrye hoenderporsies.