Minstens sewe persent van Venezuela se bevolking het sedert 2014 uit die land migreer om van die vernietigende ekonomiese- en humanitêre krisis te ontsnap. Hoewel migrante onlangs in Brasilië met geweld begroet is, stroom mense steeds land-uit. Heelwat jong musikante en musiekgroepe het die waarskuwingsliggies egter lank gelede sien flikker, en het die land verlaat om hulle musikale loopbaan van voor af in ander lande te bou. Marlinee Fouche berig dat musiekgroepe wat stadions volgemaak het, nou in parkies en by bierfeeste speel om te oorleef...