Wat sal ''n moeder so vêr dryf dat sy die lewe van haar eie kind sal neem? Dit was die vraag wat op menigte Suid-Afrikaners se lippe was – EN nou in ''n rolprent ondersoek word. Die fliek “Ellen, die Ellen Pakkies storie” het sy Suid-Afrikaanse buiging by die Silwerskermfilmfees in Kampsbaai gemaak waar dit met drie groot toekennings vereer is: Jill Levenberg as beste aktrise vir haar rol as Ellen terwyl Jarrid Geduld wat Abie Pakkies speel ook aangewys is as beste akteur. Die skrywer Amy Jephta het ook met die toekenning vir beste draaiboek van 'n speelfilm by die fees weggestap. Anna-Marie Jansen van Vuuren was daar.