President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse president, Donald Trump, gekritiseer omdat hy hom met die grondvraagstuk in Suid-Afrika bemoei het. Trump het onlangs getwiet dat Suid-Afrika reeds wit boere se grond sonder vergoeding begin onteien het. Trump het glo ook sy minister van buitelandse sake gevra om na die saak te kyk. Die nasionale parlement het onlangs 'n openbare deelnameproses afgehandel oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet wat onteiening van grond sonder vergoeding glo sou kan vergemaklik. Hendrik Martin doen verslag.