Al word lente gewoonlik met blomme en vreugde vereenselwig - is die seisoensverandering ook sinoniem met depressie. 'n Psigiater verbonde aan die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep - SADAG - Dr Rykie Liebenberg het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat dit 'n baie besige tydperk vir sielkundiges en psigiaters. Volgens haar is "lig" en "vitamien D" altwee faktore wat 'n rol speel in depressie.