Die Nasionale Vergadering het die wysiging op die wet op Bevoegdhede, Voorregte en Vrywaring aanvaar. Die wet bepaal wanneer en hoe 'n parlementslid, tydens 'n sitting of komitee vergadering verwyder moet word. Die wysiging volg op 'n beslissing deur die Konstitusionele hof dat artikel 11 van die wet ongrondwetlik is. Die artikel het toegelaat dat enige persoon wat ontwrigtend is verwyder en in hegtenis geneem kan word, wat ook lede van die parlement insluit. Zalene Merrington berig.