Wêreldwyd word daar vandag gefokus op die voorkoming van selfdood. Volgens die Suid-Afrikaanse Angs en Depressie Groep is daar in ons land elke dag 23 geslaagde selfmoorde en 460 pogings daartoe. Professor Alban Burke, hoof van die Sentrum vir Sielkunde-Voorligting aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Anita Visser oor die universiteit se nuwe program om jongmense te verhoed om hulle eie lewens te neem.