Die mede-skrywer van die boek “The boys of Bird Island”, Chris Steyn, sê sy het nie vir haar lesers weggesteek dat sy met 'n voormalige lid van die Burgerlike Samewerkingsburo getroud was nie. Steyn het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê ondersoekende joernalis Jacques Pauw het verskeie feite foute gemaak in sy resensie van die boek. Volgens haar het sy respek vir Pauw se joernalistieke vernuf, maar dat hy eers voor sy eie deur moet vee, voordat hy vir oorlede speurder Mark Minnie van slordige speurwerk aankla.