Die wêreld se eerste lewer-oorplanting van 'n MIV-positiewe ma na haar kind, wat nie die virus het nie, is in Suid-Afrika uitgevoer. Daar is regoor die wereld daaroor berig. Die medici het die operasie duidelik nie sonder wroeging gedoen nie en ook binne die konteks van 'n desperate situasie - trouens hulle het die besluit beskryf as 'n Salomo-besluit. Anita Visser het met Prof Anton van Niekerk - die hoof van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch - gepraat.