Die SAUK se finansiële bestuurshoof, Yolande van Biljon, was gister deel van die SAUK-direksie wat sy 2017/2018 finansiële state aan die Parlement voorgelê het. Vandag vergader die openbare uitsaaier se topbestuur met verskeie vakbonde - onder meer BEMAWU, om die uitsaaier se finansiële herstrukturering te bespreek. Die SAUK sê op sy beurt die huidige salarisrekening is onvolhoubaar hoog. Vir die jongste hieroor, praat Anita Visser met die finansiele bestuurshoof, Yolande van Biljon...