Die rolprent "Kanarie" het die afgelope week drie internasionale toekennings ingepalm. In Chicago is dit aangewys as die beste fiksie-speelfilm, terwyl dit onderskeidelik as "Beste internasionale film" en "Beste speelfilm" by Atlanta se LGBT-rolprentfees "OUT" in die VSA bekroon is. "Kanarie" se storie is gegrond op die komponis Charl-Johan Lingenfelder se eie ervaring in die Suid-Afrikaanse weermagkoor. Lingenfelder het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat hy deur die musiek vlerke aan sy karakters wou gee.