Die Sunday Times Sondagkoerant het in gister se uitgawe erken dat hy vals berigte geplaas het oor moorde in Cato Manor by Durban, 'n geheime ondersoekeenheid in die Inkomstediens, en die deportasie van Zimbabwiërs. Die koerant het om verskoning gevra en ingestem om die prysgeld terug te gee wat met toekennings vir die berigte gewen is. Ons praat nou verder hieroor met die veteraan-joernalis, skrywer en politieke kommentator Max du Preez..