Die begrafnisdiens van oud-minister Pik Botha gaan volgende week Dinsdag vanuit die NG Kerk in Wonderpark, Pretoria plaasvind. Die 86-jarige Botha is vroeg Vrydag in sy slaap by sy huis in Pretoria dood, nadat hy die afgelope paar weke siek was. Hy was op 'n stadium die langsdienende Minister van Buitelandse Sake in die wêreld. Hy het die amp beklee tydens die bewind van John Vorster, P.W. Botha, en F.W. de Klerk. Hy het ook van 1994 tot 1996, in oudpresident Nelson Mandela se kabinet gedien. MONITOR het die volgende POLITIEKE huldeblyk saamgestel..