Duisende matrikulante het vandeesweek begin met hulle eindeksamen en die meeste van hulle maak daagliks gebruik van openbare vervoer, om by die skool uit te kom. In die Wes-Kaap is daar groot kommer dat matrikulante nie betyds by hul eksamenlokale sal uitkom nie. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant, sê treine word gevandaliseer en gevolglik is daar te min treine wat ry. Hy sê die openbare vervoer bedryf soos die MyCiTi busdiens en taksie operateurs, moet planne instel om te verseker, dat matrikulante betyds by hul eksamenlokale uitkom.