Die vier grootste selfoonmaatskappye sal vandag voorleggings maak aan die Mededingings Kommissie se ondersoek na data pryse. Die kommissie, wat in Pretoria sit, het reeds gehoor dat data in Suid-Afrika sowat sewe keer duurder is as die goedkoopste data in Afrika. Arm mense word ook uitgebuit deur kleiner hoeveelhede data te koop, omdat dit al is wat hulle kan bekostig. Liela Magnus doen verslag.