Verskeie Tuks-studente en -personeellede is omgekrap oor die manier waarop die universiteit selfdood-gevalle en pogings tot selfdood hanteer. Hulle het gister 'n stil plakkaatoptog by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus gehou om aandag hierop te vestig. Hulle griewe sluit in dat die beraders by die Universiteit volgens hulle of oorwerk of onbekwaam is, en by tye te besig is om studente binne 'n redelike tydperk te sien. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.