Een van die vakbonde wat SAUK-werknemers verteenwoordig, BEMAWU,het gister met sy lede vergader om 'n mandaat te kry vir 'n hofaansoek om die uitsaaier in sake-redding te plaas. Dit volg nadat 'n memorandum aan die SAUK SE Groepshoof van Menslike Hulpbronne, Johanthan Thiekiso, gestuur is om te vra dat die korporasie moet bevestig of werknemers wel vir die volgende drie maande betaal gaan word. Bemawu se woordvoerder, Hannes du Buisson sê hulle het tot nou geen reaksie van die Thiekeiso gekry nie. Ons ateljeegaste is die SAUK se finansiële bestuurshoof, Yolande van Biljon en Hannes du Buisson van BEMAWU...